Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Reën ry tennis in wiele by Roland Garros
Reën word vir Woensdagmiddag en -aand op Roland Garros in Parys voorspel. Foto: Getty Images

Met die Franse Ope in sy pylvak moet die organiseerders skarrel om die tenniswedstryde af te handel.

Spel is Woensdag om 16:40 weens swaar reën afgelas.

Net enkele junior wedstryde kon die oggend afgehandel word.

Die oorblywende kwarteindstryde in die mans- en vroue-enkelspel sal Donderdag beslis word, met al die halfeindstryde Vrydag.

Simona Halep, die verdedigende vrouekampioen, moet nog teen Amanda Anisimova speel en Madison Keys en Ashleigh Barty moet mekaar pak.

Novak Djokovic se teenstander is Alexander Zverev en Dominic Thiem sal teen Karen Khachanov opdraf.

Dit is die eerste keer sedert 30 Mei 2016 dat feitlik ’n hele dag se program uitreën.

Die Phillipe Chatrier-baan sal eers volgende jaar met ’n oopskuifbare dak kan spog. Die organiseerders sê kaartjiehouers sal vergoed word. 

– Reuters



Meer oor:  Franse Ope  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.