Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger, Dominic haal tuis-eindstryde

Op papier lyk dit na twee tenniswedstryde wat gekook is.

Die Switser Roger Federer sal Sondag in die eindstryd van Basel se Switserse binnenshuise toernooi aantree.

Roger Federer Saterdag op pad na nog ’n tuiseindstryd in die Basel-tennistoernooi. Hy het Stefanos Tsitsipas met skoon stelle in die halfeindronde geklop.Foto: Reuters

In sy tuisstad, in sy vaderland.

In Wene, Oostenryk, het die Oostenryker Dominic Thiem ook sy tuistoernooi se eindstryd gehaal.

Die 26-jarige Thiem het teruggeveg van ’n agterstand met een stel om Matteo Berrettini van Italië met 3-6, 7-5, 6-3 te klop vir sy plek in die eindstryd van die Weense Ope.

Met die toeskouers bankvas agter Thiem, het hy die eerste Oostenryker sedert 2010 geword wat dié toernooi se eindstryd haal.

Juergen Melzer het in 2010 sy landgenoot Andreas Haider-Maurer geklop.

“Ek het nog nooit so ’n fantastiese atmosfeer hier beleef nie, van die eerste punt af. Dit was hard,” sê Thiem.

“Die wedstryd was van die begin af op ’n hoë vlak.

“Dit was ’n perfekte wedstryd en met die tuisbaanvoordeel en die ondersteuning van die toeskouers, kon ek dit deurtrek.”

Thiem sal teen die Argentyn Diego Schwartzman, die vyfde gekeurde, te staan kom.

Schwartzman het die Fransman Gael Monfils, die vierde gekeurde, in sy halfeindstryd met 6-3, 6-2 geklop.

Thiem sê hy het nou baie selfvertroue. “Dit was geestelik en liggaamlik ’n taai stryd. Daar sal Sondag ’n puik energie wees,” sê Thiem.

In Basel het Federer, die eerste gekeurde, sommer vinnig met 6-4, 6-4 met die derde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland klaargespeel.

Die Switserse maestro sal in Sondag se eindstryd teen die Australiër Alex de Minaur te staan kom.

Hy was in sy halfeindstryd met 7-6(2), 6-7(4), 7-6(3) baas teen die Amerikaner Reilly Opelka. – Reuters

* TV: Sondag: 15:00: Wene (SS 8); 16:00: Basel (SS 6).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.