Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger en Rafa se aandenking haal R34 000

’n Aandenking uit Roger Federer en Rafael Nadal se Match in Africa, wat in Februarie voor ’n wêreldrekordskare in Kaapstad beslis is, het op ’n aanlyn veiling R34 000 opgelewer ten bate van Suid-Afrikaanse tennisafrigters.

John-Laffnie de JagerFoto: Gallo Images

John-Laffnie de Jager, voormalige Davis- en Fedbeker-kaptein van Suid-Afrika, sê ’n maatskappy het die geraamde aandenking met die twee wêreldsterre se handtekeninge daarop gekoop.

“Ons is baie bly daaroor, ons het nou al oor die 120 afrigters daarmee gehelp.”

De Jager, Tennis Suid-Afrika en die Caring Daisies, het geld ingesamel vir die Tennis Cares-fonds om afrigters by te staan wat finansieel weens die vroeëre Covid-19-inperkings gesukkel het.

De Jager het intussen Donderdag na Wes-Virginië vertrek, waar die Wêreld-spantennistoernooi van 12 Julie tot 2 Augustus gehou word. Hy is die spankaptein van die Springfield Lasers, wat die afgelope twee jaar die wenners was.

Die spanne gaan almal tuis in ’n bioborrel by ’n vakansieoord.

“Hulle gaan baie streng daar wees. Ons sal weer ’n toets daar moet doen en hulle sal ons later nog ’n paar keer toets.”

De Jager se toets vroeër die week toe hy uit kwarantyn in Amerika gekom het, was negatief.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.