Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer klop Djokovic vir plek in halfeind

Dit was nie Genéve of Basel nie, maar Londen.

Roger Federer was Donderdagaand die toeskouers se gunsteling in die ATP-jaareindtoernooi in Londen en hy het nie teleurgestel nie.

Die immergroen Roger Federer was Donderdagaand op sy allerbeste teen Novak Djokovic in die ATP-jaareindtoernooi in Londen. Foto: Reuters

Die Switserse maestro het weer eens sy heerskappy bevestig toe hy Novak Djokovic in ’n uur en 13 minute oortuigend met 6-4, 6-3 geklop het om na die halfeindronde van die laaste toernooi van die jaar deur te dring.

Djokovic het met dié loesing ook die nr.1-posisie in 2019 aan Rafael Nadal afgestaan.

Federer was ongenaakbaar en onstuitbaar en is ’n gunsteling om Sondag sy sewende jaareind-titel in Londen te verower.

Die Switser het so wraak geneem vir sy nederlaag teen Djokovic op Wimbledon.

Federer het die laaste vyf wedstryde teen die Serwiër, die tweede gekeurde, verloor, maar dit was duidelik dat die 38-jarige planne het om die jaar op ’n hoogtepunt af te sluit.

Djokovic het geen antwoorde gehad op Federer se pragspel, kragspel, presisie en die ondersteuning van die meeste van die 17 000 toeskouers nie.

Die Serwiër se nederlaag beteken Nadal sal vir die vyfde keer ’n kalenderjaar as die voorste speler afsluit.

Terwyl Djokovic huiswaarts sal keer, sal Nadal en Stefanos Tsitsipas van Griekeland Vrydag sake uitspook vir ’n plek in die halfeindronde.

Die Oostenryker Dominic Thiem is reeds deur, al het hy Donderdag met 6-7(3), 3-6 teen Matteo Berrettini van Italië verloor.

Thiem het vandeesweek met Djokovic én Federer afgereken. Berrettini se aanslag het tot ’n einde gekom.

Nadal kom Vrydag om 16:00 teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan.

* Suid-Afrika se aanslag in die dubbelspel het tot ’n einde gekom. Die agtste gekeurde Ivan Dodig van Kroasië en Filip Polasek van Slowakye het Raven Klaasen en sy Kiwi-maat, Michael Venus, met 7-6(4), 6-4 geklop.

Klaasen-hulle was die vyfde gekeurde.

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer  |  Atp  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.