Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger wil by Aussie Ope terugkeer

Roger Federer sê hy oefen weer sonder pyn nadat hy vanjaar twee knieoperasies ondergaan het, en beplan om in Januarie by die Australiese Ope sy terugkeer te maak.

Roger Federer vroeër vanjaar in aksie in Kaapstad.Foto: Getty Images

Die 39-jarige Switser het die halfeindronde van vanjaar se toernooi by Melbourne Park gemaak, maar die res van die seisoen glad nie gespeel nie. Die laaste keer wat hy voor toeskouers raket geswaai het, was by sy Match in Africa teen Rafael Nadal in Kaapstad.

“Ek is op die regte pad,” het Federer, ’n 20-malige Grand Slam-kampioen, aan die tydskrif Schweizer Illustrierte gesê.

“Ek wil geleidelik terugkeer. Ek gaan my tyd vat en nie te veel druk op myself sit nie. Ek sal eers in ’n toernooi speel as ek 100% fiks is.

“Op die oomblik lyk dit of my terugkeer in Januarie by die Australiese Ope sal wees.”

Hoewel hy beduidende vordering met sy herstel gemaak het, sê Federer hy is nog nie op die punt waar hy normaal kan oefen nie..

“Meer as twee ure met die raket is nog nie in die stadium moontlik nie,” het Federer, wat tans vierde op die wêreldranglys is, gesê.

“Maar ek werk al ’n rukkie sonder enige pyn aan my krag en stamina. Daar sal geen verdere operasies wees nie.”

Federer word gereeld gevra oor die moontlikheid van aftree, maar die Switser het weer gesê hy sal aanhou speel vir so lank as wat hy dit geniet.

“Ek dink al so vyf jaar aan idees,” het hy bygevoeg. “Maar so lank as wat ek pret het en dit reg vir ons almal is dat ek tennis speel, sal ek aanhou.”

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.