Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger, Rafa op SuperSport uitgesaai
Federer Nadal
Roger Federer en Rafael Nadal pak mekaar in Kaapstad.

SuperSport het aangekondig dat hy die vertoonwedstryd tussen die legendariese tennisspelers Roger Federer en Rafael Nadal gaan uitsaai.

“Die Wedstryd in Afrika” word op 7 Februarie in die Kaapstad-stadion gespeel.

Die kragmeting is gereël as steun vir die onderrig van kinders in Afrika.

Dit sal ook ’n dubbelspel-vertoonwedstryd tussen ’n glanspersoonlikheid en ’n beroepspeler insluit.

Hier sal Federer en Bill Gates teen Nadal en die komediant Trevor Noah speel.

Die dubbelspelwedstryd begin 19:30, met die hoofwedstryd wat rondom 20:30 sal begin. – Sportredaksie

Meer oor:  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Kaapstad  |  Regstreeks  |  Tennis  |  Supersport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.