Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger sê hy is ’n beter speler as 20 jaar gelede

Roger Federer sê hy is deesdae ’n “meer gebalanseerde speler” as voorheen, maar beskik oor die “begeerte en geestesgesteldheid” van ’n jong speler vir sy terugkeer na mededingende tennis.

Roger Federer sê hy is nou met ervaring ’n beter speler as 20 jaar gelede. Foto: Getty Images

Die 39-jarige Switser speel volgende week in slegs sy tweede toernooi sedert die Australiese Ope in 2020 wanneer hy vir die Genève Ope aanmeld.

Die wenner van 20 Grand Slam-titels, wat verlede jaar twee knieoperasies ondergaan het, sal daarna vir die eerste keer sedert 2019 in die Franse Ope verskyn.

“2021 gaan ’n opwindende jaar wees want ons kom al hoe nader daaraan om na normaliteit terug te keer, hoewel die virus sake steeds baie bemoeilik,” sê Federer.

“Ek kan werklikwaar nie meer wag om wedstryde te speel nie. Ek is (nou) ’n meer gebalanseerde speler. Ek was met die verloop van tyd in staat om die besonderhede van my speelstyl aan te pas, my voetwerk en die tegnologie in my rakette stel my in staat nou beter te speel as toe ek 20 jaar oud was.

“Ek beskik oor die begeerte en geestesgesteldheid om terug te keer en soos ’n jong speler mee te ding.

“Ek is ook baie tevrede dat my knie soveel beter voel, al het die herstelproses lank geduur.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.