Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger seëvier; Raducanu se sprokie verby
Welgedaan, Roger Federer, wat Maandag weer die rekordboeke op Wimbledon herskryf het. Foto: Getty Images

Roger Federer het Maandagaand ’n reënonderbreking van 20 minute oorkom om die oudste speler in die Ope-era te word om die kwarteindronde van Wimbledon te haal.

Die 39-jarige Switser, wat op 8 Augustus sy 40ste verjaardag vier, het die 23ste gekeurde Lorenzo Sonego van Italië met 7-5, 6-4, 6-2 geklop.

“Die verskil is eenvoudig ongelooflik wanneer ’n mens oorskakel na ’n binnenshuise situasie,” sê Federer oor die dak op die hoofbaan wat weens die reën toegemaak is.

“Dit was moeilike toestande en ek het ná die eerste stel begin voel dat ek die wedstryd beter begin beheer het. Ek is ongelooflik opgewonde om in die kwarteindronde te wees.”

Federer, wenner van agt Wimbledon-titels, bevind hom vir die 18de keer onder die laaste agt by die All England Club, ’n rekord.

“Daar is baie vraagtekens oor my, ek moet weer aan myself bewys dat ek dit werklik kan doen,” sê Federer, wat verlede jaar twee knieoperasies ondergaan het.

“Nou sal ons sien hoeveel ek in die tenk oor het. Dit was uiteraard weer belangrik om in skoon stelle te wen.”

Federer sal in sy 58ste major-kwarteindstryd – ook ’n rekord – teen die wenner van die kragmeting tussen die Rus Daniil Medvedev en Hubert Hurkacz van Pole te staan kom. Hul wedstryd word Dinsdag voltooi.

• Die Britse tiener-sensasie Emma Raducanu se sprokie op Wimbledon het Maandag onder ontstellende omstandighede tot ’n einde gekom.

Emma Raducanu het met haar asemhaling gesukkel. Foto: Getty Images

Die 18-jarige promotorskeuse moes haar in die middel van haar kragmeting teen die Aussie Ajla Tomljanovic onttrek nadat sy moeilikheid met haar asemhaling ervaar het.

Raducanu, 338ste op die wêreldranglys, het uitstekend meegeding in die eerste stel voordat sy haar afslaan in die tiende pot prysgegee het om die stel met 4-6 te verloor.

Dit wou voorkom of sy nie 100% was nie en sy is met die telling op 0-3 in die tweede stel deur medici ondersoek voordat sy die baan verlaat het.

Die skeidsregter het ná ’n paar minute bevestig Raducanu het haar weens “asemhalingsprobleme” aan die wedstryd onttrek.

Emma Raducanu het vroeër in die wedstryd goed vertoon. Foto: Getty Images

UITSLAE

– Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.