Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger, Serena op dreef in Melbourne
Roger Federer was Maandag op Melbourne Park goed op dreef. Foto: Getty Images

Roger Federer het Maandag ondanks sy gebrek aan wedstrydoefening in die aanloop tot die Australiese Ope geen tekens van roes getoon nie.

Die 38-jarige Switser het sy veldtog om ’n 21ste Grand Slam-titel uitstekend begin deur die Amerikaner Steve Johnson in die eerste ronde in Melbourne met 6-3, 6-2, 6-2 te oorrompel.

Federer het in sy eerste mededingende kragmeting sedert sy nederlaag teen die Griek Stefanos Tsitsipas in die ATP-jaareindtoernooi in November vroeg in al drie potte op sy teenstander se afslaan deurgebreek.

Die derde gekeurde Federer het van meet af in winderige toestande uitstekend afgeslaan en die een na die ander wenhou teen Johnson, 75ste op die wêreldranglys, gemoker.

Spel is weens reën vir ’n ruk vertraag voordat die dak by die Rod Laver Arena toegemaak is.

Federer, wenner van ses titels op Melbourne Park, speel in die tweede ronde teen die wenner van die wedstryd tussen die Franse kwalifiseerder Quentin Halys en Filip Krajinovic van Serwië.

Die belowende Kanadees Denis Shapovalov (13de) was die grootste ongeval in die oggendsessie toe hy deur die Hongaar Marton Fucsovics met 6-3, 6-7 (7/9), 6-1, 7-6 (7/3) geklop is.

* In die vroueloting is Serena Williams en die verdedigende kampioen, Naomi Osaka, blitsvinnig uit die blokke.

Williams, op soek haar 24ste major-titel, het die eerste stel teen haar Russiese teenstander Anastasia Potapova in slegs 19 minute gewen. Sy het haar sege met 6-0, 6-3 in minder as ’n uur behaal.

Osaka het die Tsjeg Marie Bouzkova in 80 minute met 6-2, 6-4 uitgeboender.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Serena Wil­Liams  |  Roger Federer  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.