Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roland Garros-loting ‘normaal en logies’
Rafael Nadal vier sy 2019-triomf op Roland Garros.

Dit gaan Rafael Nadal nie slapelos nagte gee om te weet hy moet verby een van sy gedugste teenstanders ooit verbykom voor hy vir ’n Franse Ope-eindstryd kan begin voorberei nie.

Dit was in elk geval net ’n kwessie van tyd voor hy, Roger Federer en Novak Djokovic almal aan dieselfde kant van ’n Grand Slam-loting sou beland.

As alles volgens plan verloop, sal Djokovic en Federer aanstaande week in Parys in die kwarteindronde slaags wees, met die wenner wat op Nadal wag.

“Ek sien dit as natuurlik,” het Nadal Vrydag aan die ATP-reeks gesê oor die loting. “Een speler is amper 40 (Federer), nog een amper 35 (Nadal) en die ander 34 (Djokovic). Dit voel logies dat jonger spelers op die wêreldranglys klim, wat dan sulke gevolge (met die lotings het). Ek sien dit as 100% normaal. Ek is nie bekommerd nie. Ek het in elk geval baie werk as ek in ’n halfeindstryd teen Djokovic wil speel.”

Nadal, wat hoop om Roland Garros se Musketierstrofee vir die 14de keer te wen, is net derde gekeur (met Djokovic eerste en Daniil Medvedev tweede). Federer is 8ste gekeur in sy eerste Franse Ope sedert 2019.

Die vroueloting het minder tonge laat klap. Ashleigh Barty is eerste gekeur en Naomi Osaka tweede. Verlede jaar se kampioen, die Pool Iga Swiatek, is negende op die keurlys, een posisie onder Serena Williams.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.