Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roland Garros wil 12 bane met spreiligte hê

Die organiseerders van die Franse Ope-tennistoernooi het met planne om spreiligte by nog van die bane by Roland Garros aan te bring, gewys hulle is steeds optimisties om die Grand Slam-toernooi in September aan te bied.

Die Philippe Chatrier-baan op Roland Garros. Foto: Getty Images

Bernard Giudicelli, president van die Franse Tennisfederasie, sê hulle berei hulle voor om 12 bane met spreiligte te hê.

Giudicelli het oor die naweek aan Stade 2 gesê sy span kyk na al die opsies wat die beligting by bykomende bane behels.

Die datum is nog nie bevestig nie, maar die Franse Ope kan aan die einde van September, herfstyd in Parys, begin.

Die dae sal teen daardie tyd al korter raak, wat ’n uitdaging aan die organiseerders kan bied. Giudicelli het gesê die mikpunt is uiteindelik ’n dosyn bane met beligting.

Hy het ook die vraag gevra of die dubbelspeltoernooi nie dalk verkort kan word nie.

Alle tennistoernooie is vroeër weens die Covid-19-pandemie tot die einde van Julie afgelas. Die nuwe tenniskalender word in Junie verwag. – Sportredaksie, tennisworldusa.org

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.