Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Ruan moet nou sonder maat ook slag wys

Ruan Roelofse, meer bekend as ’n dubbelspelspeler, is Donderdag by die loting vir Suid-Afrika se Davisbeker-kragmeting met Bulgarye as die nr. 2-enkelspelspeler aangewys.

Dié lande is Vrydag en Saterdag by die Kelvin Grove-tennisklub in Kaapstad in ’n Euro/Afrika Groep II-wedstryd slaags.

Suid-Afrika se Lloyd Harris (links) en Alexandar Lazarov van Bulgarye by die loting wat by die geskiedkundige wynlandgoed Groot Constantia gedoen is. Foto: Tennis Suid-Afrika

Roelofse speel in die plek van Nik Scholtz, wat nog nie vanjaar in aksie was nie.

Suid-Afrika sal hoop dat sy voorste speler, Lloyd Harris, hom die voortou sal gee in die kragmeting se eerste wedstryd om 11:00.

Die 22-jarige Kapenaar is 113de op die jongste wêreldranglys, nadat hy in Julie so hoog as 82ste was. Sy teenstander Vrydag, Alexandar Lazarov, beklee die 527ste plek.

Roelofse kom daarna teen die Bulgare se voorste speler,

Dimitar Kuzmanov, te staan. Hy beklee die 324ste plek.

Hoewel Roelofse ná ’n klompie goeie vertonings in enkelspelwedstryde vanjaar met 101 plekke verbeter het, beklee hy steeds met die 681ste posisie op die ranglys.

Roelofse, 273ste in dubbelspel, sal weer saam met die ervare Raven Klaasen (8ste) in Saterdag se dubbelspelwedstyd teen Alexander Donski (507de) en Gabriel Donev (994ste) speel. – Sportredaksie

Meer oor:  Ruan Roelofse  |  Davisbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.