Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rublev betaal prys vir sy ‘ongeloof’
’n Moeë Andrey Rublev sal vandeesweek in die Barcelona Ope in aksie wees. Foto: AP

Andrey Rublev was vas oortuig dat Rafa Nadal sy deelname aan verlede week se Monte Carlo-meesterstennistoernooi sou beëindig en het voor dié kragmeting ingestem om as ’n promotorskeuse in vandeesweek se Barcelona Ope te speel, omdat hy geglo het hy oorgenoeg tyd sou hê om fisiek betyds daarvoor te herstel.

Dié Rus het vriend en vyand egter Vrydag verras deur Nadal, die “koning op klei”, met 6-2, 4-6, 6-2 te verslaan.

Hy het daarna al die pad tot by Sondag se eindstryd gevorder, waar Stefanos Tsitsipas hom uiteindelik met 6-3, 6-3 ore aangesit het.

Nou het ’n uitgeputte Rublev skaars kans om weer asem te skep voordat hy Dinsdag in Barcelona weer sy slag moet wys.

“Toe ek bevestig het dat ek in Barcelona sou speel, was dit reg voor die wedstryd teen Rafa. Ek het in my agterkop gedink dat ek waarskynlik teen Vrydagaand al in Barcelona sou wees.”

Die 23-jarige Rublev het egter die 13-malige Franse Ope-kampioen geskok en beklee nou die sewende plek op die jongste wêreldranglys. Hy het vanjaar reeds 21 ATP-wedstryde, die meeste deur enige speler, gewen.

Ná die Barcelona-toernooi sal Rublev wel ’n blaaskans vir ’n week neem voordat hy in agtereenvolgende kleibaantoernooie in Madrid en Rome sal speel. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.