Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rublev verheug sy beursie kan steeds bult
Rusland se Andrey Rublev in Februarie in aksie in Dubai. Foto: Getty Images

Die Russiese tennisspeler Andrey Rublev verwelkom die besluit van die ringkoppe van die Franse Ope om dié toernooi tot later in die jaar uit te stel, omdat dit spelers die geleentheid sal gee om steeds prysgeld te verdien.

Dit volg nadat die Covid-19-pandemie die sportwêreld basies tot stilstand gedwing het. Daar is reeds vroeër aangekondig dat daar geen beroepstennis vir mans of vroue voor hoogstens 7 Junie sal plaasvind nie.

Verlede week is bekend gemaak dat die Franse Ope nou op 20 September sal begin, nadat dit aanvanklik geskeduleer was om op 25 Mei te begin.

Dié besluit het die ringkoppe van die Amerikaanse Ope, wat net ’n week vroeër in September sal eindig, die josie in gemaak. Hulle het gesê die besluit is voortydig en die wa moet nie voor die perde gespan moet word nie.

Maar die 22-jarige Rublev, 14de op die wêreldranglys, is ten gunste daarvan dat die toernooi op klei na later in die jaar geskuif word.

“Die aankondiging het as ’n skok gekom, maar ek dink dit is beter om Roland Garros later in die jaar te speel as hogenaamd glad nie.

“Anders as in spansporte kry tennisspelers nie ’n maandelikse salaris nie. Ons verdien prysgeld wat gegrond is op ons uitslae by toernooie. As ons nie speel nie, verdien ons niks nie.

“Ek dink dit is goeie nuus, aangesien daar groot prysgeld op die spel is by Roland Garros,” sê Rublev. – TeamTalk

Meer oor:  Andrey Rublev  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.