Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Stoutseun Nick teiken Nadal ondanks Murray se pleidooi
Nick Kyrgios: ‘Ruk jou reg, man!’

Jy sou dink ’n redelike man sal twee keer dink voordat hy onder mense se vel probeer inklim in die eerste paar uur nadat sy swak gedrag hom ’n lywige boete van R1,7 miljoen in die sak gebring het.

Rafael NadalFoto: Getty Images

Maar niemand kon al ooit die Australiër Nick Kyrgios van redelikheid beskuldig nie.

Net twee dae nadat hy in Cincinnati twee rakette in die gang voor die kleedkamers stukkend geslaan het, na die skeidsregter gespoeg het en hom uitgekryt het as “die swakste f...n skeidsregter ooit” het Kyrgios Vrydag ’n video op Instagram geplaas wat wys hoeveel vinniger hy afslaan as sy gunsteling slaansak Rafael Nadal.

Sy ou laai . . . Nick Kyrgios vermorsel ’n raket in ’n Davisbeker-wedstryd in 2018.Foto: Getty

Dit was Woensdag die skeidsregter Fergus Murphy se besluit dat Kyrgios te stadig afslaan in sy wedstryd teen Karen Khachanov wat die skroewe in die Aussie se kop laat losgaan het – en uit die video is dit duidelik dat hy steeds stoom daaroor.

Die dubbelskerm-video wys hoe Kyrgios 28.22 sekondes neem om ’n afslaan teen Khachanov te loods, terwyl Nadal 41 sekondes neem met ’n afslaan teen Daniil Medvedev in verlede Sondag se Montreal-eindstryd. Dit is onduidelik of die afslaan wat Kyrgios uitlig, die een is waaroor Murphy hom gewaarsku het. Maar uiteindelik is dit van mindere belang.

Die groter kwessie is Kyrgios se onvermoë om sy humeur te be­teuel en sy volgehoue geloof dat hy geteiken word deur beamptes. Dit oorskadu die feit dat hy nie ’n slegte speler is nie. Dit verduidelik dalk ook waarom sy sewe seisoene as beroepspeler ’n relatief skrale oes van ses titels opgelewer het.

Andy Murray, ’n goeie vriend van Kyrgios, het aan BBC Sport gesê hy het ná Woensdag se drama ’n gesprek met die jong Aussie gehad en hom probeer oortuig om sy manier van doen te verander.

“Dis in sy eie hande,” het Murray gesê. “In Washington (waar hy twee Sondae gelede die Citi Ope gewen het en gesê het hy is ’n nuwe man) het hy homself gehelp en die skare aan sy kant gekry. Maar die week is hy terug by wat hy voorheen gedoen het. Ek hoop hy kan dinge uitklaar, want ’n week soos Washington is goed vir tennis, maar (Woensdagaand) is nie.”

Meer oor:  Karen Khachanov  |  Nick Kyrgios  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.