Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA in vroeë wedloop om plek
Kevin Anderson Foto: Getty Images

Suid-Afrika tel onder die vroeë gunstelinge om ’n plek in die eerste toernooi om die ATP-beker te bespreek.

Dié nuwe spankompetisie, waar 24 lande in aksie sal wees, sal in Januarie in Australië beslis word.

Daar is Maandag vir die eerste keer ’n voorlopige lys van deelnemende lande opgestel en dit sal weekliks aangepas word. Die voorlopige lys neem die ranglysposisie van die lande se topspelers in aanmerking.

Serwië en Spanje beklee die voorste twee plekke omdat Novak Djokovic en Rafa Nadal onderskeidelik die twee voorste spelers is.

Suid-Afrika, met Kevin Anderson aan die spits, beklee die agtste plek.

Die eerste 18 lande en hul spelers moet hul deelname teen 13 September bevestig, terwyl die res tot 13 November tyd het.

Die eerste 18 lande en hul spelers moet hul deelname teen 13 September bevestig, terwyl die res tot 13 November tyd het.

Die gasheer, Australië, sal as promotorskeuse deelneem as hy nie voor die eerste sperdatum kwalifiseer nie. Britanje, wat wag op Andy Murray se terugkeer ná ’n heupoperasie, het ’n verskanste posisie (nommer drie) op die lysie.

Die 24 lande sal in ses groepe deelneem. Die ses wenners en twee bes geplaaste naaswenners sal dit in die uitklopfase in Sydney uitspook.

Die kragmetings bestaan uit twee enkelspelwedstryde (beste-uit-drie-stelle) en ’n dubbelspelwedstryd.

Op die spel is 750 ranglyspunte en ’n prysgeld van R215 miljoen.  – Reuters

Voorlopige stand van deelnemers:
 1. Serwië, 2. Spanje, 3. Brittanje, 4. Switserland, 5. Oostenryk, 6. Duitsland, 7. Japan, 8. Suid-Afrika, 9. Argentinië, 10. Amerika.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Suid-Afrika  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.