Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA kies nie plaasvervanger vir Scholtz

Die Suid-Afrikaanse Davisbeker-tennisbekerspan sal Bulgarye sonder ’n plaasvervanger vir Nik Scholtz op 13 en 14 September in Kaapstad aandurf.

Suid-Afrika se Ruan Roelofse. Foto: Gallo Images

Die span bestaan nou uit net vier spelers. Die dubbelspelspeler Ruan Roelofse of die jong Philip Henning kan in die tweede enkelspelwedstryd ingespan word.

Die lande gaan by die Kelvin Grove-klub in ’n Euro/Afrika Groep II-wedstryd speel.

Scholtz (28) se laaste ITF-wedstryd was in Desember verlede jaar.

Die 18-jarige Henning van die Universiteit van Georgia in die VSA het einde verlede jaar in Lissabon sy buiging vir Suid-Afrika teen Portugal gemaak.

Suid-Afrika se Lloyd Harris, in die 100ste plek, spog met die beste ranglysposisie in die kragmeting.

Bulgarye het toe nie vir Grigor Dimitrov gekies nie.

Dimitar Kuzmanov, 294ste, is die besoekers se voorste speler op die ranglys.

* Spanne:

Suid-Afrika: Lloyd Harris, Ruan Roelofse, Raven Klaasen en Philip Henning.

Bulgarye: Dimitar Kuzmanov, Alexandar Lazarov, Alexander Donski, Gabriel Donev en Adrian Andreev.

Meer oor:  Tennis  |  Davisbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.