Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA se Harris kry uitstel in Franse Ope
Lloyd Harris Foto: Getty Images

Die organiseerders van die Franse Ope het ’n vergunning gemaak vir die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris en sy eerste wedstryd op Roland Garros tot Dinsdag uitgestel.

Harris was veronderstel om reeds Sondag teen Alexei Popyrin van Australië te speel.

Hy het die organiseerders Vrydag versoek om sy wedstryd met ’n dag tot Maandag uit te stel nadat hy ’n heupbesering in sy Challenger-halfeindstryd in Italië opgedoen het.

Harris het dié wedstryd teen Italië se Lorenzo Musetti in die derde stel prysgegee.

Sy afrigter, Anthony Harris, sê hulle het Saterdagaand gehoor hy hoef nou eers Dinsdag te speel.

Hulle is die oggend met hul aankoms in Parys direk na die spelersborrel wat geskep is vir die toernooi, waar hulle ’n dokter en fisioterapeut gaan spreek het.

Ons sal Sondag ’n ligte oefening hê en Maandag probeer om dit ’n bietjie meer te druk.
Anthony Harris

“Hulle het gesê daar is geen ernstige skade wat ons sal verhoed om te speel nie.

“Ons sal Sondag ’n ligte oefening hê en Maandag probeer om dit ’n bietjie meer te druk,” sê die afrigter.

Volgens hom is die kans groot dat Harris gereed sal wees.

Harris het die Aussie in hul vorige ontmoeting verlede jaar in Miami op ’n hardebaan geklop.

Dit is die 23-jarige Kapenaar se derde Franse Ope. Hy het verlede jaar die tweede ronde gehaal.

Meer oor:  Lloyd Harris  |  Parys  |  Frankryk  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Kleibaan  |  Beserig  |  Uitstel  |  Grand Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.