Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA se Kevin onttrek aan VSA-Ope
’n Kniebesering het vir die soveelste keer vanjaar ’n einde gebring aan Kevin Anderson se deelname aan ’n toernooi. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se groot hoop in die Amerikaanse Ope, Kevin Anderson, het Saterdag aan dié Grand Slam-tennistoernooi onttrek.

Anderson, wat in 2017 in die eindstryd van die Ope teen Rafael Nadal verloor het, was 16de gekeur vir die toernooi, wat Maandag in New York begin.

Hy sou in die eerste ronde teen die Amerikaanse tiener Zachary Svajda te staan gekom het.

Anderson het die naweek in ’n verklaring gesê ’n knaende kniebesering het hom genoop om te onttrek.

Die lenige speler was nog nie weer in aksie op die baan nie sedert hy vroeër vanjaar in die derde ronde op Wimbledon uitgeskakel is.

Sy plek word deur Paolo Lorenzi van Italië ingeneem.

Lloyd Harris, die ander Suid-Afrikaner in die hoofloting van die mans-enkelspel, kom teen ’n kwalifiseerder te staan wat nog bepaal moet word.

Raven Klaasen is in die dubbelspel in aksie en Kgothatso Montjane speel in die rolstoel-afdeling. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.