Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA se Klaasen-hulle vroeg op wenpad
Raven Klaasen van Suid-Afrika en Michael Venus van Nieu-Seeland in hul eerste wedstryd in die ATP-jaareindtoernooi in Londen.Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat, Michael Venus van Nieu-Seeland, het belowend begin deur hul eerste dubbelspelwedstryd in die ATP-jaareindtoernooi

Sondag in Londen te wen.

Die Suid-Afrikaner het twee jaar gelede die eindstryd in Londen gehaal toe hy nog saam met Rajeev Ram gespeel het. Dié Amerikaner was toevallig Sondag Klaasen se teenstander.

Die vyfde gekeurde Klaasen en Venus het die vierde gekeurde Ram en Joe Salisbury, die enigste Brit in die eindtoernooi, Sondag in net meer as ’n uur met 6-3, 6-4 geklop.

Klaasen en Venus het volgens atptour.comreeds in die eerste pot twee breekpunte afgeweer en uiteindelik ook al vier wat daar teen hulle in die kragmeting was.

Klaasen en Venus, die wenners van twee titels vanjaar in Halle en Washington DC, bevind hulle in die Jonas Bjorkman-groep.

Die tweede gekeurde Lukasz Kubot en Marcelo Melo, sowel as agtste gekeurde Ivan Dodig en Filip Polasek, is Klaasen-hulle se ander groepteenstanders.

Die eerste gekeurde Juan Sebastian Cabal en Robert Farah is in die Max Mirnyi-groep, saam met Kevin Krawietz en Andreas Mies, Jean-Julien Rojer en Horia Tecau, sowel as Pierre-Hugues Herbert en Nicolas Mahut.

*Die tweede gekeurde enkelspel-speler Novak Djokovic het sy aanslag op die nommer 1-posisie op die wêreldranglys in die dag se tweede wedstryd ook goed begin deur die agtste gekeurde Matteo Berrettini van Italië maklik in 64 minute te klop.

Die Serwiër het sy voorneme om die jaar as die voorste speler af te sluit duidelik te kenne gegee deur met 6-2, 6-1 te seëvier.

Dit moet intussen nog gesien word of die eerste gekeurde Rafael Nadal van Spanje wel Maandag teen die kampioen, Alexander Zverev van Duitsland, gaan speel.

Die nommer 1-plek is op die spel en hy het die jaareindtoernooi boonop nog nooit gewen nie.

Die 33-jarige Nadal sukkel met ’n buikbesering, wat lol wanneer hy afslaan. Hy was Sondag nog nie 100% homself nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Raven Klaasen  |  Michael Venus  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Londen  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.