Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA se Montjane in twéé eindstryde!
Kgothatso Montjane slaan Vrydag af in haar en Lucy Shuker se dubbelspelwedstryd teen Aniek van Koot en Diede de Groot. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se rolstoeltennis-ster Kgothatso Montjane maak die naweek dubbele geskiedenis by Wimbledon.

Die 35-jarige Montjane, van Seshego in Limpopo, het Vrydag haar eerste Wimbledon-enkelspel-eindstryd en ook eindstryd van ’n Grand Slam-toernooi gehaal.

Sy het daarna saam met haar Britse dubbelspelmaat, Lucy Shuker, boonop die eindstryd van die vroue-dubbelspel gehaal.

Montjane, die vyfde gekeurde, het Momoko Ohtani van Japan, die sesde gekeurde, met 7-6(3), 4-6, 6-4 geklop.

Daar wag Saterdag ’n groter uitdaging op Montjane wanneer sy in die eindstryd met Diede de Groot van Nederland, die eerste gekeurde, kragte meet.

Sy het in 2018 die eerste swart vrou van Afrika geword wat by Wimbledon speel toe sy ’n promotorsuitnodiging gekry het.

Sy het toe die halfeindronde gehaal.

Sy het destyds gesê daar is geen beperkings op wat jy kan bereik nie.

Montjane het Vrydag nog ’n hoofstuk in haar tennissprokie geskryf toe sy die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het wat ’n eindstryd by Wimbledon haal.

Montjane het voor die enkelspel-eindstryd ’n sielkundige slag geslaan toe sy en Shuker Vrydagmiddag vir De Groot en Aniek van Koot in die halfeindronde met 6-3, 3-6, 7-5 geklop het. – Sportredaksie

Meer oor:  Kgothatso Montjane  |  Wimbledon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.