Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA spog weer met junior kampioen
Kholo Montsi. Foto: TSA

Suid-Afrika spog vir die tweede keer in drie jaar met ’n o.18-Afrika-tenniskampioen.

Die 17-jarige Kholo Montsi, eerste gekeurde in die kampioenskap, het die Ivoorkus se Eliakim Coulibaly Vrydag met 6-4, 6-1 in die enkelspel-eindstryd by Tuks se bane in Pretoria geklop.

Die tweede gekeurde Coulibaly was onlangs in die Australiese Ope vir juniors nog Montsi se dubbelspelmaat.

Montsi, 14de op die wêreldranglys vir juniors, sluit hom aan by Philip Henning, wat in 2018 in Marrakesj, Marokko, ook die titel gewen het. Henning het die tweede gekeurde Yassir Kilani van Marokko daar geklop en intussen sy Davisbeker-buiging vir Suid-Afrika gemaak.

Montsi was op sy beurt aan die begin van die jaar tydens die toernooi om die ATP-beker in Brisbane een van die Suid-Afrikaanse spanlede saam met Kevin Anderson en Lloyd Harris. Dié buksie was vroeër agtste gekeur onder die juniors in die Australiese Ope in Melbourne, waar hy in die tweede ronde deur die Fransman Timo Legout uitgeskakel is.

Die Afrika-spankompetisie word Saterdag en Sondag beslis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.