Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA tennisjunior in halfeind hospitaal toe

Kholo Montsi, Suid-Afrika se laaste hoop om met ’n enkelspeltitel weg te stap in die o.18-Afrika-tenniskampioenskap, moes Vrydag weens borspyn die handdoek ingooi in sy halfeindstryd in Marrakesj, Marokko.

Joubert Klopper en Kholo Montsi. Foto: Facebook

Die 16-jarige Montsi moes hospitaal toe.

Die buksie was met 2-3 agter teen Ivoorkus se Eliakim Coulibaly toe hy met die borspyne moes uittree, het René Plant, een van die juniors se breiers daar, laat weet.

“Hy is in die hospitaal op suurstof. Hy is stabiel en word deur die dokters gemonitor.”

Montsi, die derde gekeurde, was die enigste van die vier Suid-Afrikaanse seuns wat die halfeindronde gehaal het.

Joubert Klopper het tot die kwarteindronde gevorder.

Plant sê die lenige Coulibaly (16) is baie goed. Sy het hom as ’n jong Gaël Monfils beskryf. – Johann de Jager

Meer oor:  Marokko  |  Kholo Montsi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.