Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Suid-Afrika eindig 6de in Litaue

Die Suid-Afrikaanse vroue-tennisspan moes met die sesde plek onder die 21 spanne tevrede wees in die Euro/Afrika-groep 3-toernooi om die Billie Jean King-beker wat die naweek in Litaue ten einde geloop het.

Roxanne Clarke sê dit is moeilik om die toernooi met ’n nederlaag af te sluit. Foto: TSA

Ierland het Suid-Afrika Saterdag in Vilnius in die uitspeelwedstryd om die vyfde posisie met ’n sege in die dubbelspelwedstryd met 2-1 getroef.

Die Iere het die voortou geneem toe Celine Simunyu vir Lara van der Merwe in die eerste wedstryd met 7-6(2), 6-4 geklop het. Chanel Simmonds het dit 1-1 gemaak toe sy vir Anna Bowtell met 6-2, 6-4 geklop het.

Simmonds en Van der Merwe het toe in die beslissende dubbelspelwedstryd vasgeval teen Sophia Derivan en Shaun Heffernan, wat met 6-3, 6-4 die kragmeting vir die Iere beklink het.

Die nie-spelende spankaptein, Roxanne Clarke, sê Suid-Afrika het sy grootste geveg van die toernooi teen die Iere gehad.

“Dis moeilik om die toernooi met ’n nederlaag te moes afsluit. Ons sal nietemin huis toe gaan met heelwat lesse wat geleer is. Ek dink ons is almal optimisties oor die toekoms van hierdie span,” sê Clarke.

Suid-Afrika was onoorwonne ná sy drie groepstryde teen Namibië, Azerbeidjan en Montenegro, waarna hy teen Malta en Ierland in die uitspeelfase vasgehaak het.

Die gasheer, Litaue, en Noorweë is die twee spanne wat tot groep 2 bevorder is.

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.