Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA vroue haal uitspeelfase in Litaue
Delien Kleinhans is nog onoorwonne by die Billie Jean Kingbeker-reeks in Litaue. Foto: TSA

Die Suid-Afrikaanse vroue-tennisspan het Donderdag in Litaue as wenner van Groep F sy kanse lewend gehou om na die Europa/Afrika-Groep II van die Billie Jean Kingbeker-reeks gepromoveer te word.

Suid-Afrika was vir ’n derde agtereenvolgende dag met 3-0 baas – dié keer teen Montenegro. Dit was sy laaste groepwedstryd in Vilnius.

Suid-Afrika het Namibië en Azerbeidjan vroeër in die week met dieselfde telling getroef.

Die ses groepwenners sal sake nou verder uitspook vir twee plekke in Groep II.

Delien Kleinhans, nasionale junior kampioen van 2019 en 2020, het Suid-Afrika Donderdag laat voorloop toe sy Tea Nikcevic met 7-5, 6-1 verslaan het.

Die ervare Chanel Simmonds, Suid-Afrika se voorste vrouespeler, het die kragmeting beklink deur Divna Ratkovic maklik met 6-1, 6-0 te klop.

Ratkovic het kwaai gesukkel met haar eerste afslane en altesaam 13 dubbelfoute gemaak volgens billiejeankingcup.com.

Kleinhans en Lara van der Merwe het met hul sege van 6-0, 6-0 oor Nikcevic en Petra Mirkovic seker gemaak dat Suid-Afrika al nege sy wedstryde in die groepfase vandeesweek gewen het. – Johann de Jager

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.