Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
SA vroue ransel buurspan af in Litoue
Die Suid-Afrikaanse span van links is Lara van der Merwe, Chanel Simmonds, Roxanne Clarke (spankaptein), Delien Kleinhans en Kelly Arends. Foto: TSA

Die Suid-Afrikaanse vroue-tennisspan het sy eerste Europa/Afrika Groep III-wedstryd om die Billie Jean King-beker Dinsdag in Vilnius, Litoue, oortuigend gewen.

Suid-Afrika, sesde gekeur, het sy buurland Namibië maklik met 3-0 verslaan.

Die Suid-Afrikaners se nie-spelende spankaptein, Roxanne Clarke, sê hoewel hulle nie werklik getoets is nie, was die kragmeting nietemin steeds betekenisvol vir hul selfvertroue vorentoe in die toernooi.

“Die senuwees van ’n eerste wedstryd is ook nou uit die weg geruim,” het Clarke agterna gesê.

Delien Kleinhans het haar debuut vir Suid-Afrika se Billy Jean Kingbeker-span op ’n hoë nooit in Litoue afgeskop. Foto: TSA

Delien Kleinhans het in haar buiging op dié vlak vir Carita Moolman met 6-1, 6-0 in die eerste wedstryd geklop.

Suid-Afrika se voorste speler, Chanel Simmonds, het dit 2-0 gemaak deur Georgina Moolman met 6-0, 6-1 pak te gee.

Simmonds en Lara van der Merwe het toe teen Georgina Moolman en Liniques Theron met 6-0, 6-1 skoonskip gemaak.

Montenegro en Azerbeidjan is die ander spanne in Suid-Afrika se groep.

Vyf groepe van vier spanne en een groep van drie spanne is in Vilnius slaags. Slegs die groepwenners sal dit later uitspook om die twee plekke in Groep II.

Clarke het vooraf gesê hulle voel goed oor die spanne in hul loting en dat hulle dit kragmeting vir kragmeting en een wedstryd op ’n slag sal benader.

Meer oor:  Tennis  |  Delien Kleinhans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.