Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sabalenka stof Barty in Madrid af
Aryna Sabalenka van Belarus glimlag breed na haar oorwinning Saterdag in die Madrid Ope. Foto: AP

Aryna Sabalenka van Belarus het die voorste vroue-tennisspter ter wêreld, Ashleigh Barty, Saterdag in die eindstryd van die Madrid Ope geskok.

Sabalenka, wat verlede maand in die eindstryd in Stuttgart teen Barty vasgeval het, was Saterdag nie te vinde vir nog so ’n teleurstelling nie.

Sy het die Australiër met 6-0, 3-6, 6-4 verslaan vir die grootste titel van haar loopbaan.

Die 23-jarige het nog nooit verder as die vierde ronde van ’n Grand Slam gevorder nie, maar het met dié oorwinning gewys sy is gewis ’n aanspraakmaker in die komende Franse Ope.

Die 23-jarige het nog nooit verder as die vierde ronde van ’n Grand Slam gevorder nie, maar het met dié oorwinning gewys sy is gewis ’n aanspraakmaker in die komende Franse Ope, wat later vandeesmaand in Parys begin.

Dit was Sabalenka se tiende beroepstitel, maar haar eerste op ’n kleibaan.

Sy sal na dese na die vierde plek op die wêreldranglys, wat Maandag uitgereik word, klim.

“Ek was beseer na die eindstryd in Stuttgart en wou onttrek aan die Madrid Ope. Maar ek het goed herstel en na vier dae was ek perdfris. En nou is ek die kampioen. Dit was ’n ongelooflike week,” het Sabalenka agterna gesê. - Reuters

Meer oor:  Aryna Sabalenka  |  Ashleigh Barty  |  Madrid  |  Belarus  |  Australie  |  Tennis  |  Eindstryd  |  Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.