Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sampras sê Novak sou hom meeste uitdaag
Pete Sampras (regs) gesels met Novak Djokovic tydens ’n vertoonwedstryd by Indian Wells in 2019. Foto: Getty Images

Pete Sampras glo Novak Djokovic is die teenstander vandag wat hom in sy speeldae destyds meer opdraande as enigiemand anders sou besorg.

Wat is dié Amerikaanse tennislegende se rede?

Djokovic se uitstekende terughoue wanneer hy afslane ontvang.

Sampras tel onder die sport se beste afslaners van alle tye. Sy wedywering met sy landgenoot Andre Agassi is legendaries, met baie kenners wat glo Agassi se terughoue was beter as enigiemand anders wat die sport al beoefen het.

Sampras glo egter Djokovic sou ’n taaier teenstander gewees het.

“Gee my daardie terughou van ’n afslaan af,” sê Sampras aan Djokovic in ’n videogesprek wat deur atptour.com gereël is.

“Almal vra wie my die meeste opdraande sou gee as ek vandag nog gespeel het. My antwoord is Novak, weens sy terughoue.

“Met Andre sou ek die bal verby hom kon kry as ek my visier akkuraat ingestel het. Maar met Novak sou dit moeilik wees om hom met ’n afslaan te klop, want hy kan so ver strek.

“Ek sou ook nie omgee vir ’n bietjie van sy spoed nie.”

Djokovic sê egter hy sou enige dag sy terughoue en spoed verruil vir Sampras se sterkpunte.

“Ek sou sy afslaan en vlughoue vat teen my terughoue en spoed. Dit sou wonderlik wees om daardie tipe tweestryd te ondervind.”

– Sportredaksie


Meer oor:  Pete Sampras  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Andre Agassi  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.