Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Schwartzman skok Nadal in Rome

Die Koning van Klei, Rafael Nadal, is Saterdagaand in Rome deur die Argentyn Diego Schwartzman in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope geskok.

Rafael Nadal het Saterdagaand sy wedstryd teen die Argentyn Diego Schwartzman verloor by die Italiaanse Ope in Rome. Foto: Reuters

Die agtste gekeurde Schwartzman het Nadal met 6-2, 7-5 geklop en sal nou in die halfeindronde teen Denis Shapovalov te staan kom. Novak Djokovic en Casper Ruud speel Sondag in die ander halfeindstryd.

Die Spanjaard Nadal, die tweede gekeurde, het voor Saterdag se wedstryd ’n wenrekord van 9-0 teen Schwartzman gehad.

“Ons kan nie verskonings soek nie, ek het nie goed genoeg gespeel nie. Ek moet dink: Hoekom? Hoe kan ek dit regstel,” sê Nadal, wat nietemin die groot gunsteling vir die Franse Ope behoort te wees.

“Dit was glad nie my aand nie. Hy het ’n baie goeie wedstryd gespeel en ek het nie. Wanneer dit gebeur, moet jy verloor. Hierdie goed gebeur.

“Ná so ’n lang tyd wat ek nie gespeel het nie, het ek twee goeie wedstryde gespeel en vandag het ek ’n swak wedstryd teen ’n goeie teenstander gehad.

“Dit is hoe dit is. Ek wil vir Diego gelukwens.” – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.