Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Seer nek keer Kyrgios se terugkeer

Die Australiër Nick Kyrgios se terugkeer na die tennisbaan is weer uitgestel nadat hy hom Donderdag aan volgende week se grasbaan-toernooi op die Queen’s Club in Londen onttrek het.

Nick Kyrgios het in Februarie laas mededingende tennis gespeel. Foto: Getty Images

Kyrgios, wat laas in Februarie in die Australiese Ope in aksie was, het op Instagram gesê hy het las van ’n “ongemaklike nekpyn” en dat hy nog nie vir wedstryde op sy beste sal wees nie. Sy nek keil hom glo veral op wanneer hy afslaan.

Nou is daar vrae oor of hy fiks genoeg sal wees om vanaf 28 Junie aan die Wimbledon-toernooi deel te neem.

Kyrgios se beste vertoning op Wimbledon was in 2014 toe hy die kwarteindronde van die enigste Grand Slam-toernooi op gras gehaal het. Kyrgios was voor daardie toernooi maar 144ste op die wêreldranglys en het onderweg na sy kwarteind-plek ’n skok-oorwinning oor Rafa Nadal (toe die wêreld se nr. 1) behaal.

Die Spanjaard Feliciano López sal nou Kyrgios se plek in die Queen’s-toernooi inneem. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.