Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Seer voet hou oud-kampioen uit Franse Ope
Stan Wawrinka in aksie by die Franse Ope verlede jaar. Foto: Getty Images

Stan Wawrinka, ’n voormalige kampioen van die Franse Ope, het hom aan vanjaar se toernooi onttrek omdat hy nie na wens herstel het van die operasie wat hy in Maart aan sy linkervoet ondergaan het nie.

Die 36-jarige Wawrinka, 2015 se manskampioen by Roland Garros, het ten tyde van die operasie gesê dat hy slegs vir ’n paar weke buite aksie sal wees.

“Ons het gehoop dat hy gereed sal wees om in Parys te speel ná ’n klein prosedure aan sy voet, maar hy kon nie betyds sy volle fiksheid herwin nie,” het ’n woordvoerder vir Wawrinka in ’n nuusverklaring gesê.

“Stan werk nou hard om gereed te wees vir die grasbaanseisoen en hoop om in Junie fiks te wees.”

Dié Switser, wat nou nr. 24 op die wêreldranglys is en op die kruin van sy loopbaan as die derde beste speler ter wêreld gereken was, het in 2005 die eerste keer in die Franse Ope gespeel. – Reuters

Meer oor:  Stan Wawrinka  |  Roland Garros  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.