Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena 16de gekeur, maar bly gunsteling

Serena Williams was agt weke swanger toe sy die Australiese Ope in 2017 gewen het en hoewel sy sedertdien nog nie enige toevoeging tot haar 23 Grand Slam-titels kon maak nie, word sy steeds gesien as die oorheersende faktor in vrouetennis met haar terugkeer na Melbourne Park.

Serena Williams sal met ’n triomf in die Australiese Ope Margaret Court se rekord vir die meeste Grand Slam-enkelspeltitels ewenaar. Foto: AP

Dié 37-jarige het ’n jaar afgeneem ná die geboorte van haar dogter in September van daardie jaar. Met haar terugkeer het sy wel die eindstryde van Wimbledon en die Amerikaanse Ope in 2018 gehaal.

In beide gevalle is sy in die eindstryd geklop, deur Angelique Kerber van Duitsland op Wimbledon en Japan se Naomi Osaka in New York.

Sy soek dus steeds daardie 24ste Grand Slam-enkelspeltitel om by Margaret Court aan te sluit as die vrou met die meeste enkelspeltitels in Grand Slam-toernooi. Williams is 16de gekeur vir die Aussie Ope.

Daar is egter verskeie aanspraakmakers op die vrouetitel. Die laaste agt Grand Slam-titels is deur verskillende spelers gewen en dit maak ’n keuse as kampioen in Melbourne glad nie maklik nie.

Anqelique Kerber sal vir haarself ’n groot verjaardaggeskenk gee met nog ’n Australiese Ope-titel. Foto: AP

Simona Halep is nommer een ter wêreld, maar sy sukkel sedert September verlede jaar met ’n seer rug.

Sy is ook sonder ’n afrigter vir die eerste deel van die jaar nadat Darren Cahill weens persoonlike redes sy betrokkenheid met haar beëindig het. Sy is ook vroeër dié week in die tweede ronde van die Sydney-toernooi deur Ashleigh Barty geklop.

Dié Roemeen, wat verlede jaar in die Aussie Ope se eindstryd deur Caroline Wozniacki geklop is, se gebrek aan mededingende wedstryde kan haar ondergang wees en sy erken sy het lae verwagtinge vir die eerste Grand Slam van die jaar.

“Ek speel wel op ’n goeie vlak en het geen pyn nie. Ek is bly daaroor en sien dit as ’n goeie teken,” het Halep gesê.

’n Tweede Australiese titel vir Kerber, wat Williams in 2016 in die eindstryd verslaan het, sal ’n ideale verjaardaggeskenk vir die Duitser wees wat tydens die eerste week van die toernooi 31 jaar oud word.

Sy het skerp gelyk by die Hopman-bekertoernooi in Perth en al haar enkelspelwedstryde gewen.

Kan Naomi Osaka die Australiese Ope ook soos ’n warrelwind tref en ’n tweede Grand Slam-titel verower? Foto: Getty Images

Wozniacki, die verdedigende kampioen, sukkel met rumatiek, maar die 28-jarige Deen is steeds ’n aanspraakmaker, asook die 21-jarige Osaka.

Die 20-jarige Aryna Sabalenka van Belarus is een van die buiteperde. Sy het verlede jaar twee titels verower en ook vroeg vanjaar in Sjenzhen. 

– Reuters

* Die Australiese Ope word vanaf Maandagoggend 02:00 (SA tyd) regstreeks op SS 6 en SS 12 uitgesaai.

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.