Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena ‘amper dood’ toe sy geboorte gee

Sy is “amper dood” in September nadat sy die lewe geskenk het aan haar dogter, sê die tennisster Serena Williams.

Serena Williams praat oor die geboorte van haar eersteling. Foto: Instagram (Serena Williams)

Die Amerikaner het voorheen gepraat oor sommige van die komplikasies wat sy tydens die bevalling gehad het, maar in ’n rubriek vir CNN praat sy in detail oor haar ervaring.

“Ek is amper dood met die geboorte van my dogter, Olympia,” sê Williams.

Die 36-jarige voormalige wêreld-nommereen was bedlêend vir ses weke weens verskeie komplikasies, wat bloedvatverstopping van die longe insluit. Sy moes verskeie operasies ondergaan nadat Olympia met ’n noodkeisersnee gebore is.

“Ek is so dankbaar ek het toegang gehad tot ’n ongelooflike mediese span van dokters en verpleegsters by ’n hospitaal met die modernste toerusting,” sê Williams.

“Hulle het presies geweet hoe om hierdie gekompliseerde situasie aan te pak. As dit nie vir hul professionele sorg was nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie.”

Williams sê die wond van haar noodkeisersnee het oopgebars weens haar intense gehoes wat deur die bloedvatverstopping van haar longe veroorsaak is.

Sy het ’n operasie ondergaan, met dokters wat ’n groot bloedgewas in haar maag gevind het. Sy is terug na die operasieteater vir ’n prosedure wat bloedklonte verhoed om haar longe te bereik.

Williams moedig mense aan om geld te skenk aan liefdadigheidsorganisasies wat ouers en pasgeborenes reg oor die wêreld bystaan.

Williams, wenner van 23 Grand Slam-titels, het vandeesmaand na mededingende tennis teruggekeer in ’n dubbelspelwedstryd vir die VSA in ’n Fedbeker-kragmeting.

Welcome home momma

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

– Reuters

Meer oor:  Serena Williams  |  Wta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.