Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dit gons alweer oor Serena se uitrusting

Serena Williams het vroeër vanjaar die koppe laat draai met haar gewaagde swart katpak in die Franse Ope in Parys.

Serena Williams het hierdie uitrusting by die Franse Ope in Parys gedra. Foto: Getty Images

Nou beplan die tennisster om die Amerikaanse Ope te betower met haar splinternuwe “Queen”-reeks.

CNBC.com berig die klerereeks is vir Nike deur die Amerikaanse modeontwerper Virgil Abloh ontwerp.

Abloh, kunstenaar, argitek, vriend van die sanger Kanye West en kreatiewe bestuurder van die modehuis Louis Vuitton, het twee uitrustings vir die tennisbaan ontwerp – een in wit vir die dag en die ander een in swart vir die aand.

Die uitrustings is glo geïnspireer deur Williams, wenner van ses titels by Flushing Meadows, se liefde vir ballet.

Volgens die beskrywing van die uitrustings lyk “die rompgedeelte soos ’n tutu met die bostuk wat aan 'n ballerina s'n herinner. Hoewel dit heeltemal uit plek uit lyk is dit ’n optiese illusie, want dit bied steeds ondersteuning en beweeglikheid.”

Abloh sê hy het Williams, “een van ons generasie se invloedrykste, mees inspirerende sportlui” as sy muse gebruik.

“Ek het probeer om haar gees te verpersoonlik en iets fassinerend en vars na tennis te bring.”

Benewens die twee uitrustings bevat die “Queen”-reeks ook ’n baadjie wat Williams van die baan af sal dra, ’n sak en drie pare skoene.

Die nuus is ook op die aandeelmarkte verwelkom, met Nike se aandeelprys wat Maandag met 3,05% tot $82,18 per aandeel gestyg het.

– Sportredaksie


Meer oor:  Flushing Meadows  |  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta  |  Atp  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.