Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena onthul ‘aaklige’ gras-dieet

Die tennisster Serena Williams het deur haar hele loopbaan groot sukses op gras geniet, maar die Amerikaner het haar verwantskap met dié oppervlak nou na ’n nuwe vlak geneem.

Serena Williams glo in die gesondheidsvoordele daarvan om gras te eet. Foto: Getty Images

Williams (37) het vandeesweek in ’n onderhoud met The Times onthul sy het begin gras eet om haar te help om beserings en siekte te oorkom.

“Ek volg hierdie dieet. Dit is aaklig. Dit raak moeilik om jou liggaam te bestuur wanneer jy so baie sit,” sê sy.

“So, jy moet gras eet. Dit is soort van wat ek gedoen het. Dit was ’n nagmerrie. Maar dit het gewerk en vrugte afgewerp.”

Was haar grasetery werklik die moeite werd?

Sy het Maandag by die Italiaanse Meesterstoernooi met 6-4, 6-2 met die Sweed Rebecca Peterson afgereken, maar moes haar Dinsdag weens las van haar linkerknie voor die tweede ronde in Rome onttrek.

Williams was voor haar jongste terugslag met die knie baie optimisties oor die voordele van gras. Maar helaas.

“Ek het baie ure aan kardio-oefeninge bestee, soveel as wat ’n kniebesering mens toelaat, en dit was werklik indrukwekkend hoe ek dit vermag het.”

Williams, wat sewe van haar 23 Grand Slam-titels op die gras van Wimbledon beklink het, verklap nie hoe sy die gras "eet" nie, maar die waarskynlike manier is deur middel ban 'n skommeldrankie, of Smoothie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.