Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena kry TV-kontrak by Amazon Studios

Amazon Studios het bevestig dat hy ’n kontrak met Serena Williams onderteken het vir verskeie toekomstige mediaprojekte.

Serena Williams gaan binnekort haar lewensreis met TV-gehore wêreldwyd deel. Foto: Getty Images

People berig die ooreenkoms bepaal die Amerikaanse tennisster sal die onderwerp wees van beplande televisieprogramme vir die video-op-aanvraag-intekendiens.

“Serena (Williams) sal saam met Amazon Studios werk om TV-projekte te skep met ’n vaste teks en programme daarsonder (waar daar dus meestal geïmproviseer word) wat eksklusief op Amazon Prime Video uitgesaai sal word,” sê die diens in ’n verklaring.

“Die projekte begin met ’n ongetitelde dokumentêre reeks wat Serena se verhaal vanuit ’n persoonlike sowel as beroepslewe sal vertel.”

Williams (39), haar afrigter, Patrick Mouratoglou, Stuart Cabb en Tony Pastor sal as uitvoerende vervaardigers van die dokumentêre reeks dien.

“Ek is baie opgewonde oor my vennootskap met Amazon Studios,” sê die wenner van 23 Grand Slam-titels.

“Hulle skep van die mees inspirerende en belangrikste inhoud vir ’n wêreldwye gehoor. Ek het baie stories wat ek gretig is om te vertel, insluitende ’n voortsetting van my eie verhaal, en ek sien daarna uit om dit met die wêreld te deel.”

Jennifer Salke, grootbaas van Amazon Studios, het Williams in die verklaring geloof.

“Serena het haar sport getransformeer en een van die mees inspirerende atlete, entrepreneurs en vroue van haar generasie geword,” sê Salke.

“Sy word nie net vir haar ongeëwenaarde bekwaamheid op die tennisbaan bewonder nie, maar vir haar toewyding tot voorspraak oor belangrike kwessies.

“Ons is ongelooflik opgewonde om deel te wees van haar reis en om nuwe inhoud vir ons gehore te skep.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Amazon Prime Video  |  Serena Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.