Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena se breier sê sy het niks om te bewys nie

Patrick Mouratoglou, afrigter van Serena Williams, sê die Amerikaanse tennisster “het niks om te bewys nie” na aanleiding van ’n Roemeense miljardêr se kritiek jeens haar ouderdom en gewig.

Patrick Mouratoglou en Serena Williams op die oefenbaan. Foto: Getty Images

Ion Tiriac, eienaar van die Madrid-ope, is al lank een van die wenner van 23 Grand Slam-titels se grootste kritici.

Sy mees onlangse uitlatings op Roemeense televisie het groot ontsteltenis in die Williams-kamp veroorsaak, met haar man, Alexis Ohanian, wat Tiriac van rassisme en seksisme beskuldig het.

“Op hierdie ouderdom en met haar gewig beweeg sy nie meer so vrylik soos 15 jaar gelede nie,” het Tiriac gesê.

“Serena was ’n uitstekende speler. As sy oor ’n bietjie ordentlikheid beskik, sou sy uittree.”

Maar Mouratoglou het vir sy speler in die bres getree en sosiale media gebruik om Tiriac subtiel daaraan te herinner dat Williams steeds grense verskuif.

“Serena het vandag ’n jaar gelede ’n nuwe mylpaal bereik: Sy het haar eerste titel as ’n ma by die ASB Classic-toernooi in Auckland verower.

“Sy het op daardie stadium niks gehad om te bewys nie – maar sy het aan die wêreld bewys sy beskik steeds oor die vermoëns, ondanks die omstandighede en uitdagings.

“Kom ons maak 2021 ’n jaar om te onthou.”

Tiriac het hom al voorheen in 2018 uitgelaat oor die 39-jarige Williams se gewig.

– Sportredaksie, tennishead.net

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.