SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tennis
Serena se skokrede vir nederlaag
Serena Williams Foto: USA TODAY Sports

Die tennisster Serena Williams het in ’n skok-onthulling die ware rede vir die grootste nederlaag in haar beroepsloopbaan verklap.

Die 36-jarige Williams het in ’n onderhoud met Time Magazine gesê sy het einde verlede maand – enkele minute voor haar kragmeting met Johanna Konta in San Jose – verneem dat haar halfsuster Yetunde Price se moordenaar op parool vrygelaat is.

Volgens Williams het sy die tyding sowat 10 minute voor die begin van haar stryd in die eerste ronde van die Silicon Valley Classic-toernooi op haar selfoon gekry.

Yetunde Price kort voor haar dood in 2003. Foto: Getty Images

“Ek kon dié gedagte (tydens die wedstryd) eenvoudig nie uit my kop kry nie,” het Williams gesê oor haar nederlaag van 1-6, 0-6 teen Konta.

Williams, ’n 23-malige Grand Slam-kampioen het in haar 23 jaar lange beroepsloopbaan nog nooit só sleg slae gekry nie.

Robert Maxfield is in April 2006 vir 15 jaar tronk toe gestuur ná die skietdood van Price, Williams se ouer halfsuster, in Compton, Los Angeles, in 2003.

Price was ten tye van haar dood 31 en het drie kinders (11, 9 en 5) agtergelaat.

“Dit was baie erg, want al waaraan ek dink, is haar kinders en hoe baie hulle vir my beteken. Dis onregverdig dat sy nooit weer die kans sal kry om my ’n drukkie te gee nie,” het Williams in die onderhoud gesê. – CNN en Sportredaksie

Meer oor:  Serena Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.