Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena seg sy is reg vir tennis-terugkeer

Serena Williams glo nóú is die “volmaakte tyd” om terug te keer na die WTA-reeks en vas te stel hoe sy vorder in die aanloop tot die jaar se oorblywende Grand Slam-toernooie.

Die Amerikaner, wat haar 23ste Grand Slam-titel by verlede jaar se Australiese Ope verower het voordat sy ’n blaaskans geneem het om die lewe te skenk aan haar eersteling, het ook vanjaar se toernooi in Melbourne misgeloop.

Serena Williams wil goeie herinneringe van haar op die tennisbaan vir haar babadogtertjie skep. Foto: Getty Images

Williams (36) het aan haar fiksheid gewerk en verlede maand vir Amerika in ’n Fedbeker-dubbelspelwedstryd verskyn. Sy speel van Donderdag af in die BNP Paribas Ope by Indian Wells in Kalifornië.

“Ek weet nie wat om van myself te verwag nie,” sê Williams.

“Ek kan nie sê ek verwag om te verloor nie, want dit is iets wat ek nooit sal sê nie. Dit is net ’n bietjie anders. Ek verwag eintlik net om te sien waar ek myself bevind.

“Dit is ’n goeie tyd om terug te keer. As ek in daardie Grand Slam-toernooie (Franse Ope, Wimbledon en Amerikaanse Ope) wil speel en goed vertoon, is hierdie die ideale tyd om weer te begin.

Williams is steeds oorgehaal om Margaret Court se rekord van 24 Grand Slam-titels te verbeter, maar hoop ook om haar ses maande oue babadogtertjie die geleentheid te gee om haar ma in aksie te sien.

“Ek was nog altyd baie gemotiveerd, maar my grootste doelwit is om my dogter naby my te hê terwyl ek goed vertoon, dat sy dalk eendag herinneringe kan hê van hoe haar ma gespeel het. Dit is my grootste dryfveer op die oomblik.

“Ek het aanvanklik gedink ek sou ses jaar terug uittree, maar ek is steeds hier en speel goeie tennis en ek dink dit sal aanhou.”

Die ongekeurde Williams kom in die eerste ronde teen Zarina Diyas van Kazachstan te staan.

– Reuters

My baby is 6 months today. So yummy.

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

Meer oor:  Indian Wells  |  Serena Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.