Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena verdien R260 m. die afgelope jaar

Serena Williams is volgens Forbes in 2018 vir die derde opeenvolgende jaar die sportvrou wat die meeste geld ter wêreld verdien.

Serena Williams behou haar titel as die sportvrou wat die meeste geld ter wêreld verdien. Foto: Getty Images

Dié lys word deur tennisspelers oorheers.

Williams, wat in Maart na die tennisbaan teruggekeer het nadat haar dogter in September 2017 gebore is, het prysgeld van $62 000 (R893 000) die afgelope jaar gewen, maar $18,1 miljoen (R260,6 miljoen) verdien danksy borgskappe en soortgelyke inkomste.

Die Amerikaner het twee keer meer van die baan af as enige ander sportvrou verdien.

Caroline Wozniacki / Foto: Getty Images

Die Deen Caroline Wozniacki, wat vanjaar haar eerste Grand Slam-titel in die Amerikaanse Ope gewen het, is tweede op die lys met ’n gekombineerde inkomste van $13 miljoen (R187,3 miljoen), terwyl die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioen Sloane Stephens die derde plek beklee met $11,2 miljoen (R161,3 miljoen).

Garbine Muguruza ($11 miljoen) van Spanje en Maria Sharapova ($10,5 miljoen) van Rusland is onderskeidelik vierde en vyfde.

Die Indiese pluimbalspeler P.V. Sindhu ($8,5 miljoen) en die uitgetrede renjaer Danica Patrick ($7,5 miljoen) is die enigste nie-tennisspelers op die lys en bevind hul onderskeidelik in die sewende en negende plek.

’n Interessante kenmerk van Forbes se top-100-lys wat in Junie gepubliseer is, is dat nie ’n enkele vrou onder die 100 topverdieners tel nie.

Williams het in 2017 op dié lys verskyn, maar was vir ’n groot deel van die jaar buite aksie.

Die Amerikaanse bokser Floyd Mayweather het sy titel as die sportster wat die meeste geld ter wêreld verdien, in Junie teruggekry, danksy ’n astronomiese inkomste van $285 miljoen (sowat R3,5 miljard) vir die jaar.

Klik hier vir die volledige lys.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Serena Williams  |  Forbes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.