Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena voel sy ‘is nie goeie ma nie’

Serena Williams sê sy ly aan “postpartum-emosies”.

Dié wenner van 23 Grand Slam-titels sukkel om ’n balans tussen haar gesinslewe en haar tennisloopbaan te vind.

Serena Williams sê sy sukkel met gevoelens dat sy nie genoeg doen vir haar baba nie. Foto: Getty Images

Supersport.com berig die 36-jarige Amerikaner wil haar beste spelpeil herwin nadat sy die grootste deel van 2017 se WTA-seisoen as gevolg van haar swangerskap misgeloop het.

“Ek het verskeie artikels gelees wat sê postpartum-emosies kan tot drie jaar duur as jy nie iets daaraan doen nie,” sê sy.

Williams het verlede week die grootste nederlaag in haar loopbaan gely toe sy in die eerste ronde in San Jose die laaste 12 potte verloor het en deur die ongekeurde Johanna Konta met 6-1, 6-0 geklop is.

Sy beskryf haar gemoedstemming in daardie nederlaag as “paniekbevange”.

“Verlede week was nie vir my maklik nie. Nie net moes ek ’n klomp persoonlike kwessies verwerk nie, ek was boonop paniekbevange. Ek het grootliks gevoel ek is nie ’n goeie ma nie,” sê sy op Instagram.

Williams sê sy probeer om haar wanhoop te oorkom deur haar gevoelens met familielede en vriende te deel.

“Ek bespreek sake met my ma, my susters, my vriende en besef my gevoelens is normaal. Dit is normaal om te voel ek doen nie genoeg vir my baba nie.

“Of jy nou by die huis bly of ’n werkende ma is, dit is ’n kuns om daardie balans te vind,” sê sy.

Williams het haar weens “persoonlike redes” aan vandeesweek se WTA-toernooi in Montreal onttrek.

Sy het voor ’n taai loting gestaan en haar eerste kragmeting sou teen Alizé Cornet van Frankryk beslis word, ’n teenstander teen wie sy vier uit hul laaste ses wedstryde verloor het.

Indien sy sou wen, sou haar teenstander in die volgende ronde die Duitser Angelique Kerber gewees het. Dit is die speler wat haar in Julie in die Wimbledon-eindstryd geklop het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Serena Williams  |  Wta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.