Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Serena wen, nou wag haar suster Venus

Serena Williams het Saterdag haar terugkeer na beroepstennis met ’n sege van 7-6(5), 7-5 oor Kiki Bertens by die Paribas Ope in Indian Wells voortgesit en sal nou, in die derde ronde, teen haar suster Venus te staan kom.

Serena Williams in aksie Saterdag in die Parabais Ope in haar wedstryd teen Kiki Bertens van Nederland.Foto: Getty Images

Serena, wat meer as 13 maande lank nie gespeel het nie nadat sy verlede jaar geboorte geskenk het aan ’n dogter, het met tye gesukkel, maar het haar krag gebruik om die 29ste gekeurde Nederlander tot oorgawe te dwing in Kalifornië.

Venus het tot die derde ronde deurgedring deur die Roemeniër Sorana Cirstea met 6-3, 6-4 te klop.

Maandag se ontmoeting sal die vroegste tussen die sussies in ’n toernooi wees sedert die tweede ronde van die Australiese Ope in 1998.

Dit sal die 29ste keer wees dat hulle teen mekaar speel, met Serena wat 17-11 voorloop.

Daardie rekord sluit in ’n wedstryd wat Venus prysgegee het by Indian Wells in 2001, toe sy haar weens ’n kniebesering minute voor hul halfeindstryd onttrek het.

Toeskouers het hul misnoeë tydens die eindstryd te kenne gegee toe hulle Serena uitgejou het en ook haar suster en pa, Richard Williams, toe hulle opgedaag het om die eindstryd dop te hou.

Serena het dié toernooi ná daardie gebeurte tot in 2015 geboikot.

– Reuters

Meer oor:  Indian Wells  |  Tennis  |  Serena Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.