Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sock laat Europeërs sweet
GENEVA, SWITZERLAND - SEPTEMBER 20: Jack Sock of T
Jack Sock van die Wêreldspan vier sy wedstrydpunt in sy enkelspelwedstryd teent Fabio Fognini van die Europese span. Foto: Getty Images

Amerika se Jack Sock het dit 1-1 gemaak vir die Wêreldspan ná die eerste twee enkelspelwedstryde in die oggendsessie in vanjaar se kompetisie om die Laverbeker gister in Geneve, Switserland.

Die Wêreldspan het so hittete albei die eerste enkelspelwedstryde van die kragmeting teen die sterk Europese span gewen.

Die tuisspan se Dominic Thiem van Oostenryk het op 7-9 in ’n supervalbylstryd mooi herstel om Denis Shapovalov van Kanada toe met 6-4, 5-7, 13-11 te klop.

Sock, wat vanjaar nog nie ’n enkele enkelspelwedstryd kon wen nie, het sake daarna gelykop in die kragmeting gemaak toe hy vir Fabio Fognini, 11de op die wêreldranglys, verras het.

Dit was die eerste keer dat ’n spelers van die Wêreldspan ’n sege in ’n enkelspelwedstryd op die eerste dag behaal het volgens atptour.com.

Sock, wat ses maande met ’n gebreekte duim uit aksie was, het met 6-1, 7-6(3) gewen nadat hy al ses breekpunte teen hom afgeweer het. – Sportredaksie

Meer oor:  Dominic Thiem  |  Jack Sock  |  Denis Shapovalov  |  Laverbeker  |  Fabio Fognini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.