Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Maria Sharapova klaar gespeel vir 2018
Maria Sharapova gaan vir die res van 2018 nie aan tennistoernooie deelneem nie.. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse Ope was Maria Sharapova se laaste toernooi van die jaar.

Die Rus wat die vierde ronde op Flushing Meadows gehaal het, het haar intussen onttrek van toernooie in Beijing, Tianjin en Moskou.

Die vyfmalige Grand Slam-kampioen het vanjaar net in 11 toernooie gespeel.

Sy was verlede jaar die wenner in Tianjin, maar het verkies om die res van die jaar se toernooie mis te loop en sterker terug te keer wanner die nuwe seisoen begin.

Sharapova (31) het 20 wedstryde in 2018 gewen.

Haar beste uitslae was op klei. Sy het die kwarteind in Madrid gehaal en die halfeind in Rome. Sy was een van die laaste agt oorblywende spelers op Roland Garros nadat Serena Williams voor hulle wedstryd in die vierde ronde onttrek het.

Haar beste uitslae was op klei. Sy het die kwarteind in Madrid gehaal en die halfeind in Rome.

Sy het in haar eerste toernooi in Shenzhen die halfeindronde gehaal, maar toe vroeg uitgeval in die Australiese Ope, Doha, Indian Wells en Stuttgart, waarna sy weens ’n armbesering nie in Doebai en Miami gespeel het nie.

Sy was nie in die Birmingham Classic in aksie nie en is toe vir die eerste keer in die eerste ronde op Wimbledon deur ’n kwalifiseerder Vitalia Diatchenko verras.

Sy is in die Amerikaanse Ope deur Carla Suarez Navarro uitgeskakel.

Sharapova sal haar seisoen soos vanjaar weer in 2019 in Shenzhen begin. 

– tennisworldusa.or

Meer oor:  Maria Sharapova  |  Rusland  |  Tennis  |  Onttrek  |  Rus  |  Grand Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.