Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sharapova onttrek aan Franse Ope

Die tweemalige Franse Ope-kampioen Maria Sharapova het bevestig sy onttrek haar weens ’n skouerbesering aan vanjaar se toernooi by Roland Garros.

Maria Sharapova op 6 Mei by die 2019 Met Gala in New York. Foto: Getty Images

Sharapova (32), wenner van vyf Grand Slam-titels, is buite aksie sedert sy halt geroep het by ’n toernooi in haar geboorteland, Rusland, in Januarie.

“Soms is die korrekte besluite nie die maklikste nie,” sê sy op haar amptelike webblad.

“Die beter nuus is dat ek teruggekeer het na oefening op die tennisbaan en ek bou stadig daaraan om die krag in my skouer te herwin.”

Sharapova, 35ste op die wêreldranglys, het in Februarie gesê sy het ’n klein operasie ondergaan om ’n knaende skouerprobleem te behandel. Die voormalige wêreld-nommer-een was een wen weg van ’n plek in die kwarteindstryd by die Australiese Ope in Januarie.

Sharapova sukkel om haar fiksheid te herwin nadat sy weens ’n skorsing van 15 maande vir die gebruik van verbode middels buite aksie was.

Vanjaar se Franse Ope begin op 26 Mei, met Rafael Nadal en Simona Halep die verdedigende kampioene.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Franse Ope  |  Atp  |  Maria Sharapova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.