Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Siegemund ontbied bordjie kos
Laura Siegemund krap Maandag langs die tennisbaan in ’n bordjie kos. Foto: Getty Images

Die Duitser Laura Siegemund was Maandag glad nie beïndruk met die Franse kos wat vir haar na die tennisbaan gestuur is nie.

Terwyl haar teenstander in die vierde ronde van die Franse Ope, Paula Badosa, mediese behandeling gekry het, het sy ’n energiestafie probeer eet, maar kon dit nie sluk nie.

Haar fisioterapeut is gestuur om vir haar kos te gaan haal.

Sy was nie ingenome met dit wat hy gebring het nie.

“Ek moes koolhidrate inkry. Ek het die energiestafie probeer, maar kon dit nie afsluk nie. Daarom het ek my fisioterapeut gestuur om iets anders te gaan kry.

“Dalk ’n aartappel of rys, maak nie saak nie. Jy moet na jou liggaam luister, want hy sê vir jou wat jy nodig het.

“My bloedsuikervlak was ’n bietjie laag, toe dink ek aan kos, dis al.” – Reuters

Meer oor:  Franse Ope  |  Altus Momberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.