Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Skeet wen nóg ’n strooppot teen Anderson

Kevin Anderson se deelname aan volgende week se Amerikaanse Ope is steeds in die weegskaal, nadat hy hom ook aan die laaste opwarmingstoernooi voor die jaar se laaste Grand Slam moes onttrek.

Kevin Anderson kry nie die beseringspook afgeskud in 2019 nie. Foto: Getty Images

Dié Suid-Afrikaanse tennisspeler het beplan om vandeesweek in die Winston-Salem-toernooi in Noord-Carolina waardevolle tyd op die baan deur te bring, maar het die organiseerders Vrydag laat weet dat sy knie nog nie herstel het nie.

Anderson glo nie hy sou mededingend genoeg kon wees om die titel te wen nie en wou daarom nie ’n ander speler van die kans ontneem om sy beste te lewer nie.

Sou dié langeraat wel volgende week in New York aantree, sal hy baie verroes wees.

Sy laaste wedstryd was immers sy nederlaag in die derde ronde van Wimbledon teen die Argentyn Guido Pella op 5 Julie.

Voor daardie kragmeting het hy lank las gehad van ’n elmboogbesering. Sedertdien is dit weer sy knie wat hom opkeil en moes hy die afgelope maand ook noodgedwonge aan die Washington Ope en toernooi om die Rogersbeker in Montreal onttrek.

Waar Anderson in Februarie nog die vyfde plek op die wêreldranglys beklee het, het die 33-jarige oud-Johannesburger nou tot in die 17de plek gegly. Dit sal meebring dat hy vroeg in die Amerikaanse Ope reeds moeiliker teenstanders gaan moet pak.

Anderson se jong landgenoot Lloyd Harris se voorbereiding vir die Amerikaanse Ope verloop intussen baie vlotter.

Dié Kapenaar het Jaume Munar van Spanje in die eerste ronde van die Winston-Salem-toernooi in drie stelle (7-6, 4-6, 6-1) tot oorgawe gedwing.

Hy kom nou in die tweede ronde teen Casper Ruud van Noorweë te staan.

Die 22-jarige Harris is tans 99ste op die wêreldranglys en was verlede maand al so hoog soos die 82ste plek. – Sportredaksie, atpworldtour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.