Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Skeidsregters nie ‘normaal’, sê Kyrgios

Die Australiese tennisspeler Nick Kyrgios is bekend vir sy manewales op die baan, maar Saterdag het hy selfs ’n trappie verder gegaan deur te bevraagteken hoe enigiemand ’n skeidsregter kan word.

Nick Kyrgios die afgelope week tydens ’n oefening ter voorbereiding van die Australiese Ope. Foto: Getty Images

Kyrgios (23) het in sy loopbaan as professionele speler reeds duisende dollars aan boetes opgedok vir sy swak gedrag soos vloekery, wat hom in onguns gebring het by skeidsregters.

Eers het die Aussie gesê hy vind dit “snaaks” dat enigiemand ’n skeidsregter sal word, toe sê hy hy verstaan hulle is “normale mense” wat die beste doen wat hulle kan.

“Wanneer ek hulle (skeidsregters) van die baan af raakloop, lag ek as ek verby hulle stap. Hulle weet op die baan gebeur dinge. Maar weg van die baan is dit ’n snaakse loopbaan om te volg.

“Persoonlik sal ek nooit ’n skeidsregter word nie, want ek sal nie daarvan hou as iemand soos ekself myself vir twee en ’n halfuur teister nie. Maar ek neem aan iemand moet dit doen,” het Kyrgios gesê.

Hy kom in die eerste ronde van die Australiese Ope teen Milos Raonic van Kanada te staan. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Skeidsregters  |  Nick Kyrgios  |  Austrailian Open
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.