Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Skitterende Djokovic wen 7de titel

As Novak Djokovic nog nie ’n huis in Melbourne besit nie, sal hy dalk na dese na eiendom daar kyk.

MELBOURNE, AUSTRALIA - JANUARY 27:  Novak Djokovic
O, maar dit is lekker! Novak Djokovic ná sy oorwinning in Melbourne. Foto: Getty Images

Hy het definitief ’n liefdesverhouding met die Australiese stad want hy het Sondag sy sewende Australiese Ope-tennistitel verower.

Die wêreld se voorste speler het Rafael Nadal, die tweede gekeurde, met 6-3, 6-2, 6-3 geklop.

Djokovic se vorige titels in die Aussie Ope was in 2008, 2011, 2012, 2013, 2015 en 2016. Die Serwiër het nou 15 Grand Slam-titels op sy kerfstok.

Rafael Nadal het Sondag geen antwoorde gehad vir sy teenstander se skitterspel nie. Foto: Getty Images

Roger Federer spog met 20 en Nadal met 17.

Djokovic het Sondag ’n meesterklas gelewer en sy Spaanse teenstander na alle hoeke van die baan gejaag en alle aspekte van die spel oorheers.

Die twee spelers is bekend as stoere mededingers en het al dikwels in Grand Slam-eindstryde vir rillers gesorg. 'n Mens dink aan 2012 se eindstryd in die Aussie Ope toe Djokovic die Spanjaard eers ná vyf uur 53 minute kon knak.

Sondag was dit egter 'n ander storie. Dit was ’n eensydige kragmeting wat net twee uur geduur het. Djokovic het vanaf die eerste bal die wedstryd in sy hand gehad.

Dit was Djokovic se 28ste oorwinning oor Nadal, maar dié een sal die Spanjaard die seerste maak.

Djokovic het $4,1 miljoen gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Melbourne  |  Rafa Nadal  |  Novak Diokovic  |  Tennis  |  Austrailian Open
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.