Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Skok om te besef Novak raak net beter’

Pat Cash, voormalige Wimbledon-kampioen, meen die rede dat Novak Djokovic eenvoudig bly verbeter, is sy vermoë om nuwe vaardighede aan te leer.

Novak Djokovic is dalk die beste speler van alle tye. Foto: Getty Images

Die Aussie, wat in 1987 by die All England Club geseëvier het, was ook beïndruk met die atletiese vermoëns en fokus wat die 34-jarige Serwiër vandeesmaand in sy oorwinning in die Wimbledon-eindstryd getoon het.

Djokovic, die wêreld se voorste speler, het in vier stelle met die Italianer Matteo Berrettini afgereken om vir die sesde keer in Londen te seëvier en sy 20ste major-titel te verower.

Cash, wat voor sy uittrede in 1997 so hoog soos vierde op die wêreldranglys gepronk het, is tans die afrigter van die WTA-speler Wang Qiang.

“Novak is ’n merkwaardige sportman, ek dink ons almal besef dit,” sê Cash.

“Weet jy, hy leer deurlopend nuwe vaardighede aan. Dit is amper ’n skok om te besef hy raak net eenvoudig beter en beter.

“Hy beskik uiteraard oor die geestelike ingesteldheid, hy het daardie vasberadenheid.

“Sy vermoë om afslane terug te kry is ongeëwenaard, niemand in die sport is beter as hy daarmee nie, maar jy moet steeds ongelooflike atletiese vermoëns hê om in die eerste plek by daardie afslane uit te kom.”

Die voormalige Aussie-tennisster Pat Cash. Foto: Getty Images

• Djokovic het bevestig dat hy wel op die Olimpiese Spele in aksie sal wees.

Hy is op koers om die Golden Slam – die vier Grand Slam-titels en die Olimpiese goud in een kalenderjaar – te verower. Hy het vroeër vanjaar reeds die Australiese en die Franse Ope gewen.

Geen man kon nog ooit daarin slaag om die Golden Slam te behaal nie. Die enigste speler wat met die prestasie spog, is die Duitser Steffi Graf, wat dit in 1988 reggekry het.

Nadat Djokovic op Wimbledon gewen het, het hy gesê daar is ’n kans dat hy in Tokio sal aantree. Donderdag het die Serwiër aangedui dat hy ’n vlugbespreking na die Spele het.

“Ek is baie trots om na Tokio te vertrek om by die res van ons nasionale span aan te sluit terwyl ons jag maak op die blinkste medaljes op die Spele,” het Djokovic, wat in 2008 brons in Beijing gewen het, gesê.

Van die wêreld se voorste spelers, soos Roger Federer, Rafa Nadal, Serena Williams, Stan Wawrinka en Simona Halep, het reeds aangedui dat hulle nie in Tokio in aksie gaan wees nie. – Sportredaksie, tennishead

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Wimbledon  |  Novak Djokovic  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.